Ondersoek plaasmoorde, vra VF+
2011-08-03 18:23
Kaapstad - Pres. Jacob Zuma moet ’n kommissie van ondersoek aanstel om plaasmoorde deur jeugdiges te ondersoek, sê die Vryheidsfront Plus.
Luidens ’n verklaring volg dié voorstel ná die wrede moord op die 55-jarige Thinus Uitenweerde van Reitz die afgelope naweek. Die party spreek hom ten sterkste uit teen dié moord en meen slegs die doodstraf is ’n behoorlike straf vir só ’n moord.
Volgens die polisie is twee tieners, 16 en 17 jaar oud, aangekeer nadat Uitenweerde Sondag (31 Julie 2011) in ’n vlak graf op sy plaas met klippe doodgegooi is. Dié moord volg ná ’n groep jeugdiges die Potgieter-gesin van die distrik Lindley in Desember verlede jaar ook wreed vermoor het.
– Lees meer by Landbou.com
– Volg Nuus24 op Twitter