Ondersoek na wapens baar dalk weer muis

2010-08-06 09:42
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kaapstad - Daar is opnuut aanduidings dat die parlement se ondersoek na die omstrede wapentransaksie ’n muis kan baar.

Die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) sou eerskomende Dinsdag vergader het om met die sakeman dr. Richard Young oor sy verslag na aanleiding van die wapentransaksie te beraadslaag.

Young is die eienaar van die maatskappy CCII Systems, wat die tender vir die lewering van nuwe korvette aan die Suid-Afrikaanse Vloot verloor het.

Piet Pretorius, DA-LP en ’n lid van Skoor, het Donderdag aan Die Burger, susterkoerant van Volksblad, gesê die voorgenome vergadering met Young gaan “na alle waarskynlikheid” uitgestel word.

“Ons voel nie gemaklik daaroor nie.”

Pretorius en sy partygenoot Mark Steele is ook ontevrede omdat Themba Godi, Skoor se voorsitter, glo nie wil toelaat dat Young weer getuienis voor Skoor lewer nie.

Die Burger het vroeër berig dat Young verlede jaar ’n verslag van 600 bladsye aan Skoor oorhandig het waarin beweer word dat die bevindings van ’n gesamentlike ondersoekspan na die multimiljard- rand-wapentransaksie gedokter is.

Godi het Donderdag by navraag gesê Dinsdag se beplande Skoor-vergadering is nog nie finaal uitgestel nie. Daar sal vandag uitsluitsel daaroor wees. Hy het verder gesê Skoor het nooit onderneem om Young se getuienis aan te hoor nie. “Dié bewerings is verkeerd.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: skoor  |  wapentransaksies  |  parlement

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.