Ondersoek na broers se dood duur steeds voort
2010-09-10 00:15
Johannesburg – Olivedale-hospitaal weet steeds nie wat die oorsaak was van twee broers se dood in die hospitaal nie, maar hulle sal voortgaan om mense wat in nabye kontak met hulle was te monitor, het die hospitaal Donderdag gesê.
“’n Presiese oorsaak van hul dood is nog nie vasgestel nie. Twee broers is ‘n paar dae gelede by die Olivedale-hospitaal dood, maar toetse word steeds gedoen,” het die hospitaal se algemene bestuurder Robert Jordaan in ‘n verklaring gesê.
Volgens Jordaan neem die diagnostiese ondersoeke tyd en hy het die publiek herinner dat die hoofsimptome van die siekte koors en lewerversaking is.
Alle pogings word aangewend om die veiligheid en gesondheid van pasiënte, dokters en hospitaalpersoneel te verseker.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA