Ondersoek na Ferreira-voorval duur voort

2012-01-09 17:59
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie in Gauteng het Maandag gesê die LUR vir behuising Humphrey Mmemezi se bestuurder, wat verlede jaar die 18-jarige Thomas Ferreira getref het, word steeds onderdsoek.

“Die saak duur voort en die ondersoek is nog aan die gang. Ons sal ‘n hofdatum hê sodra ‘n datum deur die hof aangewys word,” het lt. kol. Katlego Mogale gesê.

“Ons het die dossier aan hulle gestuur en sodra ‘n datum aangewys word, kan ons met die saak voortgaan.”

Ferreira is beseer terwyl hy met ‘n motorfiets gery het in Krugersdorp in die eerste naweek van November.

Hy is deur ‘n motor waarin Mmemezi vervoer is, getref toe die voertuig se blou lig aan was om ‘n rooi verkeerslig te oorsteek.

Die polisie het op 9 November bevestig dat ‘n saak van roekelose of nalatige bestuur teen die bestuurder, Semitsi Modomai, oopgemaak is.

In dié stadium het die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, in die openbaar beloof om die tiener se mediese koste te dra.

Die premier se woordvoerder, Xoli Mngambi, het alle navrae rakende die voorval na die woordvoerder van behuising, Mongezi Mnyani, verwys. Mnyani kon nie Maandag bereik word nie.

Hy het op 23 Desember gesê die departement het nog geen mediese koste van Ferreira gedra nie, maar sal vroeg vanjaar met die familie vergader om oor die pad vorentoe ooreen te kom.

Die koste van die rehabilitasiesentrum waar Ferreira behandel word, beloop luidens berigte sowat R120 000 per maand.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: thomas ferreira

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.