'Ondersoek minister oor plaaswerkerstaking'
2012-12-10 17:50
Johannesburg – Die optrede van Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, tydens die onlangse plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap moet ondersoek word, het die DA Maandag gesê.
Annette Steyn, woordvoerder van die DA, het in 'n verklaring gesê die party het aan Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, geskryf en versoek dat die kwessie ondersoek word.
"Die minister het moedswillig die geweld veroordeel en onverantwoordelike beloftes in die publiek gemaak. Die tipe gedrag is onvanpas vir 'n regeringsminister," het Steyn gesê.
Madonsela se kantoor kon nie onmiddellik bevestig dat hy die DA se versoek ontvang het nie.
Steyn het gesê Joemat-Pettersson het die uitvoerende etiese kode vir ministers oortree.
Die klag is gebaseer op uitlatings wat Joemat-Pettersson gemaak het op 'n vergadering nadat betogers in hegtenis geneem is.
Die minister het volgens berigte gesê: "Ons sal met die nasionale vervolgingsgesag en die minister van polisie praat om te verseker dat alle aanklagte van intimidasie en openbare geweld teruggetrek word."
Steyn het gesê dit het 'n gevaarlike presedent geskep en kan destabilisasie in verskeie sektors en streke teweegbring.
Die DA is ook ongelukkig dat Joemat-Pettersson die werkers geluk gewens het omdat hulle die bedryf die onbeskermde stakings verander het.
"Derdens het die minister uit haar beurt gepraat en stakende werkers belowe dat 'n minimumloon teen 4 Desember onderhandel sal wees, het Steyn gesê.
Sy het gesê Joemat-Pettersson het "geen jurisdiksie" gehad om dié belofte te maak nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA