Polisie skiet man per ongeluk dood
2011-11-24 23:00
Port Elizabeth – ‘n Ondersoek is geloods nadat die polisie ‘n
man in Port Elizabeth per ongeluk doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat
(OKD) gesê.
‘n Woordvoerder van die OKD, Moses Dlamini, sê
Siyabulela Mzima is 17 November omstreeks 1uur die oggend deur ‘n
polisiebeampte doodgeskiet.
‘n Nadoodse ondersoek is Dinsdag gedoen.
Dlamini kon egter nie kommentaar lewer nie aangesien
die saak nog ondersoek word.
Die polisie het Mzima se huis betree opsoek na
vier mans wat deelgeneem het aan ‘n rooftog wat op 8 November plaasgevind het.
Sy vriendin het hom wakker gemaak toe sy hoor
iemand is in die huis en Mzima het gaan ondersoek instel.
Mzima het ‘n byl in sy hande gehad toe die
polisie hom skiet.
Die polisie het besef dat hulle ‘n fout gemaak
het toe hulle Mzima se identiteitsboekie nagaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA