Onafhanklike mediatribunaal met tande nodig

2010-08-05 08:42
Tweets Share Share line Print

Die Burger

KAAPSTAD. – Die “karnaval van regstellings” in vandeesweek se koerante demonstreer opnuut dat selfregulering in die mediabedryf nie werk nie.

Só het Jeremy Cronin, SAKP-hoofsekretaris en adjunk-minister van vervoer, Woensdag in die SAKP se nuusbrief, Umsebenzi Online, tot steun van die instelling van ’n mediatribunaal geskryf.

Volgens Cronin is ’n onafhanklike mediatribunaal met tande nodig waar die publiek, met inbegrip van hoëprofiel-persoonlikhede, oor onetiese verslaggewing kan gaan kla.

’n Onafhanklike tribunaal wat aan die parlement verslag doen, sal nie die risiko loop om deur die meerderheidsparty gekompromitteer te word nie.

“Dit is moontlik dat dit kan gebeur, maar ek glo die voorbeeld van ons Menseregtekommissie en die huidige Openbare Beskermer toon dat dit (’n mediatribunaal) kan werk.”

Hy het egter gewaarsku so ’n tribunaal moet nie gebruik word om die regerende alliansie se “irritasies en frustrasies” met die gedrukte media te hanteer nie.

Die tribunaal behoort ook teen publikasies, en nie individuele verslaggewers nie, op te tree wanneer oortredings begaan word, omdat nuusinsameling selde net die betrokke joernalis se werk is. Dit is meestal ’n spanpoging.

Boetes vir oortredings, eerder as tronkstraf, sal gewens wees, het hy gesê.

Die ANC-jeugliga het hom in ’n verklaring by Cronin geskaar, maar gesê die tribunaal moet nou al ingestel word omdat die ANC aangeval word.

Die jeugliga meen die mediatribunaal moet koerante soos City Press, Die Burger, Rapport en Beeld uit die Media24-stal, asook die Mail & Guardian, Sunday Times en “al” die Independent-groep se koerante ondersoek vir karaktermoord, verdeeldheid wat hulle in die regerende alliansie saai, vals berigte en omdat hulle die regering ondermyn.

Helen Zille, DA-leier, en Lindiwe Mazibuko, DA-woordvoerder, hou later Donderdag ’n nuuskonferensie om hul ontevredenheid oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting en die mediatribunaal bekend te maak.

Zille het gesê Mzilikazi wa Afrika, ’n Sunday Times-joernalis, se inhegtenisneming Woensdag kan nie in isolasie gesien word nie en is ’n sinistere voorbode van hoe mediavryheid deur die beoogde mediatribunaal geskend sal word.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

tollacloete sê... Wonder nou wat van sy klere reeks? Gaan seker 'n uitverkoping hou. Hulle sal moet verander aan die t-shirt, is daar dan nie 'n glimlag op nie? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.