Onaangepaste uitslae skokkend

2012-01-28 07:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Een uit elke ses matrieks wat verlede jaar wiskunde geskryf het, het minder as 10% behaal en ’n derde wat fisiese wetenskappe geskryf het, het minder as 30% gekry.

Die onaangepaste syfers vir 2011 se matriekeksamen skets dié skokkende realiteit van Suid-Afrika se onderwysstelsel. Dit staan in skrille kontras met die blydskap van die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, toe sy die eindresultate vroeër vandeesmaand aangekondig het.

Media24 se ondersoekspan het die syfers bekom van Umalusi, die kwaliteitbeheerliggaam vir onderwys, en ’n databasis gebou deur ’n vergelyking te maak van verskeie jare se uitslae. Die inligting is met ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) bekom.

Die rou syfers wys dat ondanks die beter slaagsyfer vir 2011 is daar geen of baie min vordering gemaak in belangrike vakke soos wiskunde, wetenskap, ekonomie en rekeningkunde.

Onderwyskenners het die syfers as “skrikwekkend” en “kommerwekkend” beskryf, hoewel die amptelike slaagsyfer vir 2011 twee persentasiepunte hoër as 2010 s’n is. In 2009 was die slaagsyfer 61%.

Die onveranderde punte skets ’n donker prentjie, veral wat betref belangrike vakke soos wiskunde, wetenskap, ekonomie en rekeningkunde.

Volgens die departement se eie kriteria het net 9% van leerlinge wat wiskunde geskryf het, genoegsame kennis van dié vak. Dieselfde geld fisiese wetenskap, waar net 10% ’n basiese begrip van die vak het.

Die syfers wys dat baie minder leerlinge verlede jaar vakke soos wiskunde en wetenskap as enkele jare gelede geskryf het. In 2008 het 300000 die wiskunde-eksamen afgelê in vergelyking met net 225000 verlede jaar.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole, sê dié afname wys dat leerlinge “moeilike” vakke vermy ten einde hul kans om te slaag verhoog.

Bykans 40 000 minder matrikulante het die fisiese wetenskappe-eksamen aan die einde van verlede jaar teenoor 2009 geskryf.

In dieselfde tydperk het die getal leerlinge wat rekeningkunde as vak geneem het, met 36000 afgeneem.

Die gemiddelde punt vir wiskunde was 29%, vir fisiese wetenskappe 32% en vir lewenswetenskappe (life sciences) 38%.

Dr. Jonathan Clark, direkteur van die Universiteit van Kaapstad se Skole-ontwikkelingseenheid, sê die swak prestasie in wiskunde en wetenskap werp ’n “donker wolk oor die uitslae en stel die Suid-Afrikaanse skolestelsel aan die kaak”.

Die onderwyskenner prof. Graeme Bloch sê Umalusi se syfers is “skrikwekkend” en hou niks goeds vir die toekoms in nie.

“Miskien is daar ’n stadige verbetering,” sê Bloch, “maar in ’n veeleisende en wedywerende wêreld is dit nie vinnig genoeg nie.”

Colditz glo dat die slaagstandaard vir ’n vak van 30% of 40% tot die internasionaal aanvaarde 50% verander moet word. “Ons mislei onsself en die leerlinge. ’n Hoër slaagvereiste gaan die slaagsyfer erg afbring en sal ’n groot verleentheid vir politieke en onderwysleiers wees,” het Colditz gesê.

Hierdie syfers is skokkend, het die onderwyskenner prof. Mary Metcalfe, wat ’n voormalige direkteur-generaal van die onderwysdepartement is, gesê. “Ek is baie bekommerd oor wiskunde, want ons het dit so nodig om gebiede aan te pak waar daar skaars vaardighede is,” het sy gesê.

Leerlinge wat lewenswetenskappe geskryf het, se punte moes met drie persentasiepunte opgeskuif word om die slaagsyfer van 2010 te ewenaar.

Umalusi se syfers wys dat leerlinge in al 11 amptelike tale baie goed gevaar het. In elke taal is ’n gemiddelde slaagsyfer van meer as 50% behaal.

Veel minder leerlinge het Engels en Afrikaans as eerste taal geskryf.

In 2009 het 55 000 Afrikaans (huistaal) geskryf. Dit het verlede jaar tot 48 000 afgeneem. Die gemiddelde punt was 59%.

In 2009 het 95 000 Engels (huistaal) geskryf, vergeleke met 85 400 verlede jaar.

Die geografiepunte is met twee, rekeningkunde met een, lewenswetenskappe met drie en ekonomie met twee persentasiepunte opgeskuif.

Colditz het gesê “navorsing het bewys dat indien die regte mense onderwys as beroep kies en goed opgelei word, kan die hele onderwysstelsel binne ’n relatiewe kort tydperk omgeswaai word”. 

– Volg Nuus24 op Twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
111 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mariana sê... oe oe Doedelsak kan dit bande ook bietjie laat afblaas? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 17-24°C Mostly sunny. Mild. Pta: 18-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-27°C Morning clouds. Pleasantly warm. Bfn: 13-28°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 22-27°C Morning clouds. Mild. PE: 18-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Jobs - Find your dream job

New Business Specialist

Roodepoort, South Africa
Intergrate Careers
Market Related

Senior PHP Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Financial Manager

Johannesburg, South Africa
Under African Skies Recruitment
R35000 - R40000

Cars - Search 1000's of new and used cars

VOLKSWAGEN

Jetta 4 1.9 TDi Highline Dsl
2005
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

BMW

323i E90 MY07 AT
2007
R 185,000.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.