Omstrede wet versag

2011-09-03 07:17
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Ná ’n jaar se beraadslaging oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting het LP’s gister uiteindelik oor die finale weergawe gestem.

Soos verwag het die ANC deur middel van sy meerderheidstem gesorg dat al die klousules in die wetgewing aanvaar is, ondanks die opposisie se besware teen verreikende punte.

In die geheel lyk die finale weergawe van die wetsontwerp aansienlik anders as die oorspronklike, wat ’n jaar gelede ingedien is.

Ten eerste is die reikwydte van die voorgenome wet, wat meer as 1?000 staats- en semi-staatsinstellings sou magtig om inligting te klassifiseer, aansienlik ingeperk.

In die finale formaat bepaal die konsepwet dat net drie entiteite – die departement van staatsveiligheid, die weermag en die polisiediens – inligting mag klassifiseer.

Tweedens het die oorspronklike wetsontwerp bepaal dat enige inligting wat in “nasionale belang” sou wees, geklassifiseer kon word.

In die finale weergawe mag inligting net geklassifiseer word as dit nasionale veiligheid bedreig.

In die derde plek is die aanvanklike swaar vonnisse wat aan oortreders van die wet opgelê sou kon word aansienlik verminder en oortreders het voortaan die keuse van ’n boete as hulle skuldig bevind word.

Spioenasie is die enigste misdryf waarvoor oortreders nie die keuse van ’n boete sal hê nie.

Die jongste weergawe van die inligtingswet maak voorts voorsiening daarvoor dat dokumente wat langer as 20 jaar geklassifiseer is outo­maties gedeklassifiseer sal word tensy ’n hersieningspaneel anders besluit.

Geklassifiseerde dokumente sal voortaan ook gereeld hersien word met die moontlikheid dat die status daarvan kan verander.

’n Paar van die omstrede klousules wat hewige kritiek en besware van opposisiepartye en menseregtegroepe ontlok het, het egter in die finale weergawe behoue gebly.

Ondanks uitgerekte debatte in die ad hoc-komitee gemoeid met die voorgenome wet het die ANC nie bes gegee oor die insluiting van ’n openbarebelang-verweer nie.

Dit beteken dat mense wat geheime inligting onthul omdat dit in die openbare belang is strafregtelik vervolg kan word.

Nog ’n omstrede artikel wat behou is, is dat enigiemand wat geheime inligting besit, verplig sal wees om dit aan die polisie te oorhandig of die moontlikheid van vervolging in die gesig staar.

Die goeie nuus

* Net die departement van staatsveiligheid, die polisie en die weermag mag inligting klassifiseer. Voorheen sou alle staatsinstellings kon.

* Net inligting wat nasionale veiligheid bedreig, mag geklassifiseer word. Voorheen sou alle inligting in “landsbelang” – ’n baie breë definisie – geklassifiseer kon word.

* Strawwe vir oortreders is verminder – en daar is nou die keuse van ’n boete of tronkstraf.

* ’n Hersieningspaneel sal geklassifiseerde dokumente gereeld hersien en besluit of dokumente geklassifiseer moet word of nie.

Die slegte nuus

* Diegene wat geheime inligting besit, is verplig om dit aan die polisie te oorhandig.

* Dit is ’n misdaad om geheime inligting te besit. Skuldigbevinding kan tronkstraf of ’n boete tot gevolg hê.

* Dié wat geheime inligting bekend maak, kan hulle nie daarop beroep dat hulle dit ter wille van die openbare belang gedoen het nie.

* Daar is nie ’n onafhanklike liggaam by wie appèl aangeteken kan word wanneer toegang tot inligting geweier word nie. Die minister van staatsveiligheid, wat toegang geweier het, hanteer ook appèlaansoeke.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: inligtingswet  |  mediavryheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.