Omstrede ryke ‘koop plase vir die staat op’

2010-09-25 09:04
Tweets Share Share line Print

Beeld

Die skatryk sakeman midde-in ’n storm oor die omstrede huurooreenkomste vir ’n nuwe polisiehoofkwartier is ’n kernfiguur in ’n plan om plaasgrond van miljarde rande oor Suid-Afrika heen te koop.

Roux Shabangu gee voor hy het ’n “mandaat” van die regering gehad om enorme stukke plaasgrond vir grondrestitusie van Limpopo en Noordwes tot in die Vrystaat, Noord- en Wes-Kaap op te koop.

Eddie Mohoebi, woordvoerder van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê geen mandaat is ooit aan Roux Property Development Africa gegee nie en geen maatskappy is aangestel om grond te koop nie.

“Die departement ... kan maatskappye of individue nie aansê om grond te koop nie.”

Die spesiale ondersoekeenheid ondersoek tans die omstrede huurkontrakte van sowat R1 miljard vir twee geboue van Shabangu in Durban en Pretoria vir gebruik deur die polisie.

Lt.genl. Hamilton Hlela, voormalige hoof van polisie-aankope, het vroeër vandeesmaand aan die Sunday Times gesê genl. Bheki
Cele, nasionale polisiehoof, het hom direk beveel om dié geboue te huur sonder dat tenders gevra is.

Beeld het vasgestel Shabangu het in 2007 en 2008 agente in die hoofkantoor van sy maatskappy Roux Property Development Africa en die filiale African Dune Investments en Sapphire Cove Investments 14 aangestel om eiendomsagente en boere te nader met die boodskap dat hulle miljarde rande het om aan plase te bestee.

Luidens kopieë van ’n standaardbrief wat aan eiendomsagente gestuur is, het die maatskappy gesê:

“Weens ons sakebelange werk ons baie nou saam met verskeie staatsdepartemente en ons filiaal African Dune Investments het onlangs ’n mandaat gekry as een van min maatskappye wat die regering help om grond te verkry om grondhervorming te takel.

“Dit is met die Suid-Afrikaanse regering se mandaat dat ons u hulp vra om vir ons plase te soek.”

Die brief stel ’n aantal riglyne vir kwalifiserende plase, soos dat hulle kommersiële of wildplase moet wees of weiding moet hê.

“Hoe groter, hoe beter (minstens 100 ha, 1 000 ha plus beter).”

Talle boere en eiendomsagente het gesê ondanks ondertekende koopaanbiedings het die transaksies deur die mat geval.

’n Eiendomsagent beweer dit het maande geduur om 32 plase te bekom en hy het potensiële kommissie van meer as R143 miljoen verloor toe die ooreenkomste deur die mat geval het.

Herhaalde versoeke om Shabangu se “mandaat” te sien, is geïgnoreer.

Shabangu het vandeesweek in ’n onderhoud gesê hy het die mandaat “swart op wit”, maar sal dit in sy maatskappy se argief moet opspoor.

Die regering het hom wel beveel “om hulle te help om plase te bekom, maar ons het nie een vierkante meter grond aan die regering verkoop nie”.

“Ons het baie geld verloor. Ons het oor plase landwyd onderhandel en ons het soontoe gereis en regeringsamptenare saamgevat.

“Ons sou ’n gewone kommissie gekry het.”

Shabangu beweer die projekbestuurseenheid van die departement van grondsake het sy maatskappy betrek omdat boere geneig is om die pryse vir hul plase te verhoog as hulle hoor die regering wil die grond koop.

“Die regering wou dit vermy deur ’n private maatskappy oor plase te laat onderhandel.”

Volgens Shabangu het die regering die transaksie ná die ANC se Polokwane-konferensie en voor die laaste verkiesing op die lange baan geskuif.

“Ons het baie geld daar verloor.”

- Beeld

Lees meer oor: bheki cele  |  roux shabangu

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.