Omstrede rubriekskrywer sê jammer
2011-03-01 12:22
Johannesburg – Die omstrede rubriekskrywer Kuli Roberts het om verskoning gevra oor haar rubriek in die Sunday World oor bruin vroue wat die afgelope naweek gepubliseer is.
Sy het op die sosiale netwerk Twitter geskryf: "Ek is baie jammer aan diegene wat ontsteld is... Geen skade was bedoel nie..."
Wally Mbhele, redakteur van Sunday World, het Maandag in 'n verklaring "onvoorwaardelik" om verskoning gevra vir die rubriek.
Dié rubriek kom nadat Jimmy Manyi, hoofregeringswoordvoerder, om verskoning moes vra nadat hy gesê het daar is te veel kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ondersoek 'n klag teen Roberts.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter