Omstrede rubriekskrywer ondersteun Malema

2011-08-02 14:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die omstrede rubriekskrywer Eric MiyeniJulius Malema, leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), se soeke na ekonomiese vryheid is belangrik.

Miyeni, wat die land in rep en roer het ná sy rubriek oor die City Press-redakteur, het Dinsdag sy ondersteuning vir Malema op die radiostasie Talk Radio 702 uitgespreek.

Die skrywer het die radiostasie gebel om met Malema te praat gedurende ‘n uurlange uitsending waartydens luisteraars hul vrae aan die jeugliga-leier kon rig.

“Hou asseblief aan daarmee, ons kan nie hierdie armoede hê nie,” het Miyeni aan Malema gesê.

Die ANCYL het sy steun vir Miyeni gewys nadat die Sowetan die skrywer se rubriek beëindig het as gevolg van die kommentaar wat hy oor Ferial Haffajee – die “swart slang in die gras” – gemaak het.

“Mense soos Haffajee...word soggens wakker en sien hul swart gesigte in die spieël net om ’n golf van self-haat te ervaar wat hulle naar maak,” skryf Miyeni in sy rubriek, “Haffajee does it for white masters”.

Met verwysing na die halssnoermoorde in die townships tydens apartheid skryf hy: “In die 80’s sou sy waarskynlik ’n brandende buiteband om haar nek gehad het.”

Haffajee sê sy het sy kommentaar taamlik ernstig opgeneem en beplan om Miyeni te dagvaar.

Malema het aan die luisteraars gesê hy hou van Miyeni se moed.

“Ons benodig meer Erics in hierdie land,” het hy gesê.

Malema sê Miyeni het die ANCYL al talle kere in sy rubrieke gekritiseer. Hy voer aan dat dié kritiek nooit tot Miyeni se afdanking gelei het nie.

Die ANCYL het Dinsdag gesê hulle wil ‘n vergadering met die Sowetan en die uitgewer Avusa hou sodat daar aan hulle verduidelik kan word hoekom Miyeni afgedank is.

Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.