Omstrede dosent van NWU bedank
2011-03-11 14:27
Potchefstroom – 'n Omstrede dosent van die Noordwes Universiteit, professor Allister Butler het bedank.
Butler is vroeër geskors nadat hy na bewering aan studente sonder studiehandleidings in sy klas gesê het hy het nie hulle moeders swanger gemaak nie.
Die universiteit se bestuur, studente-organisasies, die Kommissie vir Geslagsgelykheid en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasverhoudinge het Butler se beweerde uitlating gekritiseer.
Die vise-kansellier van die Noordwes Universiteit, doktor Theuns Elloff het Butler se bedanking bevestig.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter