Omstrede Manyi word dalk gou DG

2011-07-25 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Jimmy Manyi, omstrede hoofregeringswoordvoerder, kan moontlik eersdaags as direkteur-generaal (DG) van minerale hulpbronne aangewys word.

Hoewel dit nog nie bevestig is nie, is bespiegeling in regeringskringe volop dat Manyi ná ’n verwagte kabinetskommeling in dié kritieke pos ontplooi kan word.

Daar word ook gegis dat Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, deur mGodfrey Oliphant, haar adjunkminister, vervang kan word. Oliphant is ’n Noord-Kaapse ANC-LP.

Sy is in 2009 as minister aangewys, maar het haar sedertdien die gramskap van die jeugliga op die hals gehaal deur te verklaar nasionalisering sal nie in haar leeftyd plaasvind nie.

Haar departement is ook vroeër in omstredenheid gedompel oor die toekenning van prospekteringsregte.

Volgens betroubare inligting is die kanse “beter as goed” dat Manyi, tans die kabinetswoordvoerder en hoof van die regeringskommunikasiediens (GCIS), adv. Sandile Nogxina, wat uitgetree het, kan opvolg.

“Hy is die jeugliga se keuse en boonop ’n gunsteling van die president. Sommige elemente in die regering druk al geruime tyd dat Jimmy die pos oorneem,” het ’n regeringsbron by navraag gesê.

So ’n aanstelling sal egter eers ná dié week se verwagte kabinetslekgotla gedoen word.

’n Ander senior regeringsamptenaar het gesê Manyi word beslis as kandidaat oorweeg. “Sommiges in die regering is egter huiwerig om hom in die pos te sien. Onthou egter die aanstelling van ’n DG bly uitsluitlik die president se prerogatief.”

Manyi, wat voor sy aanwysing as kabinetswoordvoerder as DG van die departement van arbeid geskors is, het ’n nasionale diploma in ekonomiese geologie aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf en het tien jaar by Anglo American se goudafdeling gewerk – vyf jaar as praktiserende geoloog by die destydse Pres. Brand-goudmyn in Welkom, en daarna in Anglo se hoofkantoor.

Manyi het gesê hy is goed gekwalifiseer vir die pos van DG, maar hy weet niks van die herontplooiing wat moontlik op hom wag nie. Hy was glad nie verbaas oor die moontlikheid nie.

“Ek kan dit nie ontken nie. Ek was in die buiteland tydens die vorige kabinetsvergadering en weet nie of dit bespreek is nie,” het hy gesê.

“Ek is ’n geskikte kandidaat vir só ’n pos. Geeneen van die direksies van mynmaatskappye sal draaie om my kan gooi nie.”

Volgens hom is hy nie amptelik oor sy moontlike verskuiwing na die departement van minerale hulpbronne ingelig nie, maar is hy verlede week ook uit ander oorde daaroor uitgevra.

Hy wou nie sê wie hom daarna gevra het nie.

Manyi is al geruime tyd onder politieke druk weens sy omstrede uitsprake as kabinetswoordvoerder. Daar was vroeër sprake dat hy dalk elders in die regering ontplooi kan word.

Sy moontlike verskuiwing na minerale hulpbronne is dalk ’n aanduiding dat die regering die angel uit die nasionaliseringsdebat wil probeer haal deur Manyi toe te laat om bemagtigingsteikens strenger na te jaag.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: jimmy manyi  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.