Omgewingskrisis dreig by Grootvlei-myn

2010-09-12 07:57
Tweets Share Share line Print

Die Grootvlei-myn by Springs kan steeds ’n omgewingsramp veroorsaak wanneer die reënseisoen hier aanbreek.

Daar is groot kommer dat Aurora, die swartbemagtigingsgroep wat Grootvlei besit, steeds nie die suur mynwater vinnig genoeg uit die myn pomp nie, sê Marius Keet, adjunkdirekteur van watergehaltebestuur by die departement van waterwese.

Dit kan tot ’n omgewingsramp aan die Oos-Rand lei wanneer die grondwatervlak in die reënseisoen begin styg en die pompstasie by die myn oorstroom, sê Keet.

Die Grootvlei-pompstasie moet daagliks 108 miljoen liter water uit die myn pomp om te keer dat dit oorstroom, maar tans word heelwat minder water per dag uitgepomp.

Rapport het twee weke gelede berig dat die tempo van die watervlak in die myn so vinnig styg dat die pompe binne 30 dae onder water kan wees.

As dit gebeur, sal die myn oorstroom en kan die vrot mynwater binne ’n paar maande in Nigel bo die grondoppervlak begin uitvloei en binne ’n jaar oor die hele Oos-Rand heen by fonteine uitborrel.

’n Spesiale taakspan wat deur die parlement van waterwese aangestel is om die bedreiging van suur mynwater onder Johannesburg se middestad te ondersoek sal ook môre vir die eerste keer vergader.

Dit kom ná waarskuwings van omgewingskundiges dat suur mynwater na verwagting oor 17 maande op verskeie plekke soos Standard Bank se hoofkantoor en Golf Reef City kan uitvloei en sinkgate aan die Oos- en Wes-Rand kan veroorsaak.

Die giftige mynwater is reeds 500 m onder die middestad se oppervlak.

Die taakspan moet vasstel wat die omvang van die probleem is en oplossings daarvoor probeer vind, sê Keet.

Een van die oplossings is dat die regering die giftige water in Boksburg uitpomp, waar dit behandel sal word voordat dit in die Kliprivier gestort word, sê Keet.

Dit sal ’n jaar duur om die pomp ter waarde van R185 miljoen te bou.

- Rapport

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.