'Omgekoopte' polisiebeampte kry stywe boete
2011-11-28 22:54
Kaapstad – ‘n Voormalige polisiebeampte is ‘n boete van
R10 000 op ses maande tronkstraf van ses maande opgelê nadat hy van korrupsie
skuldig bevind is.
Landdros Amrith Chabillal het Thanduxolo Mbeke
tot ‘n verdere tronkvonnis van twee jaar opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.
Mbeke het omkoopgeld van R1 500 van ‘n
buseienaar aanvaar om dié se voertuig te sertifiseer sonder om die bus te
ondersoek.
‘n Lokval is vir Mbeke gestel nadat hy ‘n aangebied
het om die buseienaar, Moosa Moolla, se voertuig vir R2000 te registreer, sonder
om die enjinnommer na te gaan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA