Oliphant het oog op diamante

2010-11-14 06:16
Tweets Share Share line Print

Rapport

Suid-Afrika se nuwe adjunkminister van minerale besit aandele in mynmaatskappye en het prospekteerregte bekom om diamante in die Noord-Kaap te ontgin.

Godfrey Oliphant, oud-voorsitter van die parlementêre komitee oor openbare werke, is twee weke gelede ingesweer as adjunkminister van dié departement. Sy aanstelling was deel van pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling.

“Ek het in dieselfde week wat ek ingesweer is my prokureur ingelig dat ek uit al die entiteite wil bedank,” het Oliphant gesê.

Maar selfs al bedank hy as direkteur van Letsema Mining, Letsema Diamonds en Slangheuwel Diamond Recovery, is daar ’n belangebotsing weens sy aandeelhouding in dié ondernemings.

Minstens een, Slangheuwel, het onlangs 62 prospekteerregte in die Noord-Kaap gekry van die departement waarvan hy nou adjunkminister is.

Ingevolge Oliphant se jongste belangeverklaring by die parlement besit hy 100% aandele in Slangheuwel.

Oliphant se woordvoerder, Musa Zondi, sê die prospekteerregte het in Maart verval.

Zondi word egter weerspreek deur die departement van minerale se eie register, wat op 19 Oktober bygewerk is, wat die status van Slangheuwel se aansoek om prospekteerregte as “aanvaar” aandui.

Oliphant besit ook 76% van Letsema Placement Team International, ’n Kaapse werwingsagentskap.

Verskeie van Zuma se nuwe kabinetslede besit ondernemings:

- Mildred Oliphant, minister van arbeid: aandele in ’n onderneming wat die bemagtigingsvennoot was van Afribooks, wat handboeke druk. Media24 het Afribooks in 2007 verkoop. Sy is ’n sakevennoot van Peggy Nkonyeni, speaker van die KwaZulu-Natalse wetgewer, en die Travelgate-politikus Bheki Ntuli. Oliphant het aan Rapport gesê al die maatskappye waarby sy saam met Nkonyeni en Ntuli betrokke is, is dormant. Sy het besluit om uit alle poste wat met haar sakebedrywighede verband hou, te bedank.

- Ngoako Ramatlhodi, nuwe adjunkminister van korrektiewe dienste en oudpremier van Limpopo: aandele in drie maatskappye en twee trusts. Dié maatskappye is Zebediela Bricks, Legakabile Mining en Lilhemba Investments, waarvan die ANC-LP Patekile Holomisa ook ’n direkteur is. Ramatlhodi het vyf direkteurskappe verklaar – ook sy betrokkenheid by Maruapula Capital, waarvan die oud-spioenbase Billy Masetlha en Thabo Kubu direkteurs is.

- Obed Bapela, nuwe adjunkminister van kommunikasie: aandele in ’n myn- en reismaatskappy. Daar is nie belangebotsing nie omdat “dié maatskappye nie in die kommunikasiesektor sake doen nie”.

- Dr. Joe Phaahla, adjunkminister van kuns en kultuur, sê die maatskappye waarin hy belange verklaar het, is óf dormant óf nie meer geregistreer nie. Hy het weens “ ’n vergissing” nagelaat om sy direkteurskap in Xclurox te verklaar.

- Marius Fransman, nuwe adjunkminister van internasionale betrekkinge, sê hy gaan nie meer private sakebelange hê nie. Fransman is ’n direkteur van MF Advisory Services, wat “spesialiseer in herstelstrategieë vir behuisingsmaatskappye”.

- Ben Martins, nuwe adjunkminister van openbare ondernemings, is ’n direkteur van Safire Insurance en Ndlovu-afslaers. Safire doen bosbou-versekering.

- Die rykste kabinetslid bly Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings. Hy het aandele en aandeleopsies van R32 miljoen verklaar

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.