Foto's: Oliepan laat glo Spur afbrand
2011-01-13 14:05
Durban – Die brandweer is Donderdag ontbied na `n Spur in Amanzimtoti waar daar omstreeks 09:00 `n ernstige brand ontstaan het.
Die brand het na bewering in die kombuis begin voor dit na die res van die gebou versprei het. Die dak van die gebou het uiteindelik inmekaar getuimel.
Die brand is later onder beheer gebring.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, sê die restaurant se personeel is ongedeerd. Hulle het glo ontsnap voor die brand te ver versprei het.
Hoewel die oorsaak van die brand nog vasgestel moet word, beweer die personeel dat dit in 'n oliepan begin het.
Volg Nuus24 op Twitter