Okkulte groep wou glo kerke opblaas

2011-11-26 07:21
Tweets Share Share line Print

Polokwane – Die beweerde regse groep waarvan drie lede gister in Limpopo in hegtenis geneem is, was glo van plan om die NG en Hervormde kerke in Mookgophong (Naboomspruit) en Mokopane (Potgietersrus) op Sondae op te blaas – terwyl eredienste daar aan die gang was.

Só het een van die aangekeerdes, ’n 30-jarige man, glo aan die polisie gesê. Dit is nie bekend vir wanneer die aanvalle beplan is nie.

’n Oud-Koevoetlid is een van die drie mans wat gister by dié opleidingskamp vir veiligheidswagte buite Mookgophong in hegtenis geneem is. Dit nadat hulle in ’n onderlinge twis glo tente van die rekrute aan die brand gesteek het.

Die mans is glo lede van ’n okkulte groep.

Pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” is by die mans gekry. Daar was ook inligting oor satanistiese rituele op die pamflette.

Daar is gister ook op kameras en selfone beslag gelê, waarop foto’s van verskillende kerke in Mokopane en Mookgophong is.

Die polisie het beslag gelê op verskeie tuisgemaakte wapens, waaronder swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms en koeëlvaste baadjies. Daar is ook plofstof, ontstekers en kamoefleerdrag gekry. Daar is by die kamp ook instruksies gekry hoe om bomme te maak.

Brig. Hangwani Mulaudzi, die polisie se kommunikasiehoof in Limpopo wat díé inligting gister bekend gemaak het, sê die ondersoek na regse opleidingskampe is nou landwyd uitgebrei. “Ons vermoed hulle wou verskeie terreurdade pleeg. Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid gaan lede van die groep in ander dele van die land ook ondervra,” het hy gesê.

Hy wou nie uitwei oor waar in die land die mense ondervra sal word nie.

Mulaudzi sê een van die mans het tydens ondervraging gesê hulle glo “slegs wit mense moet in Suid-Afrika bly”.

Een van die doelwitte van die opleidingskamp is ook om beskerming aan wit boere op plase te gee teen moontlike aanvalle.

Die ander twee mans wat aangekeer is, is onderskeidelik 50 en 48 jaar oud. Die 50-jarige is ’n oudlid van Koevoet, die destydse polisie se teeninsurgensie-eenheid.

Die plaas in die Boekenhout-gebied buite Mookgophong behoort aan ’n man van Springs, wat volgens Mulaudzi ook ondervra gaan word. Die opleidingskamp is sowat agt maande gelede begin.

Mans word glo hier opgelei voordat hulle na plase reg oor die land ontplooi word om as veiligheidswagte te werk. Hulle word spesifiek in “plaasbeveiliging” opgelei.

Die mense wat opgelei word, woon in tente en woonwaens terwyl verblyfgeriewe gebou word. Mense van so ver as Springs aan die Oos-Rand en Rustenburg in Noordwes het die kampe bygewoon.

Mulaudzi het gesê die drie mans wat in hegtenis geneem is, is Saterdag by die opleidingskamp “weggejaag”. Dit is nie bekend hoekom nie. Hulle het gister in die vroeë oggendure by die kamp opgedaag. Die mans was glo dronk. Hulle het baklei met die sewe mans wat tans daar bly. In die bakleiery het hulle twee van die tente aan die brand gesteek. Van die mense het die polisie gebel. Niemand is in die brand beseer nie.

Mulaudzi het gesê die ander mense wat by die kamp gekry is, word deur die polisie ondervra. Teen druktyd is niemand van hulle in hegtenis geneem weens enige misdryf nie.

Teen druktyd was dit ook nog nie bekend wat die groep se naam is nie. Daar was verlede week ’n voorstellingsparade by die sentrum.

Die drie mans is in polisie-aanhouding. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Mookgophong op voorlopige aanklagte van brandstigting en die besit van gevaarlike wapens verskyn. Die polisie verwag om nog mense in hegtenis te neem.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: mokopane  |  mookgophong  |  terrorisme  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
76 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.