Offisiere verkrag glo twee jong rekrute

2010-12-07 06:53
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Pretoria - ’n Strafregtelike ondersoek deur die militêre polisie is onderweg nadat minstens een vroulike rekruut by die lugmag se gimnasium in Hoedspruit glo deur ’n adjudant-offisier bedwelm en toe verkrag is.

Dié rekruut ontvang tans berading en gebruik ook antiretrovirale middels nadat sy en nog ’n vroulike rekruut glo gedwing is om saam met twee besoekende adjudant-offisiere na ’n gastehuis te gaan.

Die twee mans – een van die Ysterplaat-lugmagbasis en die ander een van Durban – het juis as deel van die rekrute se induksie vir hulle lesings gegee oor hoe om seksuele teistering in die militêre omgewing te hanteer.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die departement van verdediging, het vandeesweek bevestig die saak word ondersoek.

Tot op hede is geen stappe teen die twee adjudant-offisiere gedoen nie, terwyl die twee meisies die afgelope week hul basiese opleiding voltooi het.

Dit is die soveelste klagte oor vergrype by die gimnasium waaroor vanjaar berig is, maar waaraan daar oënskynlik min gedoen word. Minstens die derde raad van ondersoek sal nou ná die verkragtingvoorvalle gedoen word.

Volgens ’n familielid van die een meisie (19) het die twee adjudant-offisiere sowat twee weke gelede vir die rekrute klas gegee. Hulle het gevra of die meisies hulle kan help met die voorbereiding van sertifikate vir die studente.

Die een meisie wou nie gaan nie, maar ’n senior instrukteur het aan haar gesê dit is ’n opdrag. Die twee is toe saam met die mans na ’n gastehuis by die Drakensig-woonbuurt naby die basis.

Volgens die familielid het die twee vir die meisies koeldrank aangebied. Kort daarna het die een meisie begin naar word en gedis­oriënteerd geraak. Toe sy in die toilet gebraak het, het die een man haar glo van agter gegryp. Toe sy bykom, was die man bo-op haar besig met omgang. Die ander meisie is intussen glo deur die ander man gegryp en ook verkrag. Laat die aand het die senior instrukteur glo by die huis opgedaag en toe hy sien in watter toestand die meisies was hulle teruggeneem basis toe.

“Ek wil weet hoekom die kinders in opdrag die basis moes verlaat om verkrag te word. Ek wil weet hoekom daar nie onmiddellik teen die mans opgetree is nie,” het die ontstoke familielid gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: saw  |  lugmag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.