Oeps! Zuma nie tuis vir dié besoek

2011-10-30 08:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Diplomatieke oorlog in die kleine woed tussen Suid-Afrika en Oostenryk nadat ’n administratiewe flater in Zuma se kantoor die eerste staatsbesoek van ’n Oostenrykse staatshoof aan Suider-Afrika gekelder het.

Pres. Heinz Fischer van Oostenryk en ’n rits afgevaardigdes het maande lank beplan aan die besoek aan Suid-Afrika en Zuma.

Die agenda vir Woensdag se ontmoeting was al opgestel en die Oostenrykse ambassade het breedvoerige planne gemaak.

Verskeie ooreenkomste tussen dié lande sou bespreek word.

Waar Oostenryk se nasionale dag tradisioneel op 26 Oktober gevier word, is dit verskuif na dié week sodat dit saamval met die staatsbesoek waar Fischer sy land se burgers wat hier woon, kon ontmoet.

Maar dié feestelikhede het in ’n diplomatieke verleentheid vir Suid-Afrika ontaard toe Zuma se kantoor besef het hy moet eintlik in Frank­ryk wees vir die G20-beraad.

Die datum vir die G20-beraad is al maande lank bekend.

Rapport verneem op goeie gesag die Oostenrykse afvaardiging was woedend oor die hantering van hul staatsbesoek en het summier ál die planne gekanselleer.

Dr. Otto Ditz, Oostenryk se ambassadeur in Suid-Afrika, was aansienlik meer diplomaties toe Rapport hom genader het om kommentaar.

“Ons moet aanvaar dat dit weens ’n skeduleringsprobleem was. Ons is natuurlik teleurgesteld.”

Die ambassade se feesvieringe gaan voort op die nuwe datum, maar nie een van die Oostenrykse afgevaardigdes sien meer hul weg oop om Suid-Afrika toe te kom nie.

Die presidensie het navrae na die departement van internasionale betrekkinge verwys.

Clayson Monyela, dié departement se woordvoerder, het gesê as daar ’n dubbelbespreking was, “was dit maar net dit”.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: anc  |  jacob zuma  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.