Durban-huurkontrak ongeldig, sê OB
2011-07-14 14:48
Kaapstad – Die huurkontrak vir die Transnet-gebou in Durban is ongeldig, het adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, Donderdag gesê.
Madonsela het die bevindings van 'n ondersoek na die huurkontrak op 'n mediakonferensie by die Sheraton-hotel bekend gemaak.
Sy het bevind dat genl. Bheki Cele nie die huurooreenkoms vir die gebou onderteken het nie, maar wel die befondsing vir die gebou goedgekeur het.
Roux Property Fund en die departement van openbare werke het dié kontrak onderteken.
Madonsela het in Februarie vanjaar haar eerste amptelike verslag, getiteld "Against the Rules", oor polisiehuurkontrakte vrygestel. Dié verslag het gehandel oor 'n huurkontrak ter waarde van R500 miljoen vir nuwe polisiekwartiere in Pretoria, is vroeër berig.
– Meer inligting volg binnekort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24