OTM'e in Vrystaat opgeblaas
2011-10-27 16:49
Bloemfontein – OTM-bommers het 'n onbekende bedrag geld gebuit nadat hulle twee OTM'e by 'n vulstasie in Thabong in die Vrystaat opgeblaas het, het die polisie gesê.
Sers. Tlalanyane Pakela, polisiewoordvoerder, het gesê gewapende mans het petroljoggies met 'n vuurwapen aangehou terwyl hul makkers omstreeks 02:30 Donderdagoggend die OTM'e opgeblaas het.
Pakela het gesê die rowers het ten tyde van die polisie se aankoms op die toneel reeds gevlug.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA