OTM in Atteridgeville opgeblaas
2011-09-28 20:07
Johannesburg – ‘n Outomatiese tellermasjien (OTM) is Woensdag deur ‘n groep mans, wat ook op die polisie geskiet het, in Atteridgeville, wes van Pretoria, opgeblaas, het die polisie in Gauteng gesê.
Ongeveer agt mans het ‘n vulstasie naby die polisiekantoor omstreeks 04:00 betree, het lt. kol. Lungelo Dlamini gesê.
Hulle het die Eerste Nasionale Bank-OTM opgeblaas en ‘n onbekende hoeveelheid kontant gesteel.
Polisiebeamptes het die ontploffing gehoor en hul na die toneel gehaas. Die rowers het verskeie skote op hulle afgevuur voordat hulle in ‘n motor gevlug het.
Die polisie het nie teruggeskiet nie en niemand is beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA