OTM by vulstasie opgeblaas
2011-07-05 12:04
Johannesburg – 'n Groep van 10 mans het 'n OTM by 'n vulstasie in Alberton, Gauteng, opgeblaas, het die polisie Dinsdag gesê.
Kapt. George Raphulu, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 19:00 Maandagaand plaasgevind.
Die mans het 'n onbekende bedrag geld gebuit.
Niemand is beseer nie, en teen Dinsdagoggend is niemand in hegtenis geneem nie.
Die polisie-ondersoek duur voort.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA