OKD ondersoek aanval op joernalis
2011-09-12 19:04
Johannesburg – Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek ‘n aanval op ‘n joernalis, France Nyaka, in Mpumalanga, het Tiyani Sambo, woordvoerder, Maandag gesê.
“Ons ondersoek is nog in ‘n vroeë stadium, maar ‘n inhegtenisneming kan binnekort gemaak word,” het hy gesê.
Nyaka, ‘n verslaggewer van The New Age wat in KwaMhlanga gebaseer is, is na bewering op 6 September deur ‘n polisiebeampte aangerand tydens ‘n klopjag.
Nyaka beweer die beampte het ook sy twee kameras gevat.
Volgens Nyaka het hy foto’s geneem van polisiebeamptes wat die vermeende dwelmgebruikers aanrand toe een van die beamptes hom aan sy hemp gegryp en hom na die grond gestamp het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA