OK-supermark in Ventersburg beroof
2011-10-12 12:00
Johannesburg – ‘n Veiligheidswag van ‘n supermark in Ventersburg het R11 000 se kontant gesteel om vir hom ‘n motor te koop, het die Vrystaatse polisie Woensdag gesê.
Ao. Malebo Khosana sê geld in ‘n metaal kontantboks langs die geldkaste het verdwyn nadat Casper Collen Billy Pretorius (21) sy middagete sonder toestemming geneem en verdwyn het. Hy sê die polisie het na kameras wat in die winkel geplaas is, gekyk.
Pretorius het ‘n blou Leyland Mini gekoop wat later langs ‘n pad tussen Welkom en Theunissen gelos is.
Daar word berig dat die voorval Sondag, 2 Oktober tussen 14:00 en 14:40 plaasgevind het.
Luidens berigte het die voorval by ‘n OK-supermark gebeur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA