OB weer beskuldig dat sy inmeng in snoerwet

2011-12-16 10:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Adv. Thuli Madonsela, openbare ­beskermer (OB), is Donderdag opnuut daarvan beskuldig dat sy inmeng in die parlement se werk ten ­opsigte van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting.

Sy het Donderdag met dr. Mathole Motshekga, ANC-hoofsweep, in Johannesburg vergader nadat hy haar verlede week van inmenging beskuldig het omdat sy haar kommer oor die wetsontwerp in ’n brief aan die Nasionale Vergadering uitgespreek het.

Madonsela het vroeër die week met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) oor die wetsontwerp vergader.

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se ad hoc-komitee oor die wetsontwerp het in ’n verklaring gesê hulle neem met “kommer en ontevredenheid” kennis van die vergaderings.

“Ons wil dit op rekord stel dat dié samesprekings buite die parlementêre prosesse en spesifiek die ad hoc-komitee baie gevaarlike wanindrukke wek. Dit skep verkeerdelik die indruk dat bepaalde burgerregtegroeperings, individue en entiteite van die regering ’n groter speelveld het om hul standpunte buite die bepaalde parlementêre prosesse uit te druk,” het Raseriti Tau, ANC-LP en voorsitter van die komitee, in die verklaring gesê.

Terwyl die komitee die belangrike rol van die OB erken, moet die geloofwaardigheid van interne prosesse en die grondwetlike rol van die parlement nie in twyfel getrek word nie, het Tau gesê.

“Daarom is die parallelle ontmoetings ... minagtend van die wetgewende gesag of parlement, en spesifiek die NRP ... ”

Burgerregtegroepe en entiteite van die regering wat ’n belang het in die wetsontwerp moet voorleggings by die ad hoc-komitee indien wanneer die geleentheid kom, het Tau gesê.

Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, het ontken die vergadering ondermyn parlementêre prosesse.

“Die OB het vir die vergadering gevra nadat ons mediaberigte gesien het oor wat Motshekga gesê het.

“Die fokus van vandag se vergadering was net om uitsluitsel te kry oor sy kommentaar. Daar was geen gesprekvoering oor die wetsontwerp nie.”

Motshekga en sy parlementêre afvaardiging het ook Donderdag in Johannesburg met Cosatu vergader.

Cosatu het ’n dokument van 20 bladsye aan die afvaardiging voorgelê waarin hy sy standpunt oor die wetsontwerp verwoord. Albei partye het ingestem tot verdere samesprekings oor die kwessie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.