OB tevrede met vordering oor verslae
2011-08-12 11:09
Johannesburg – Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer (OB), het gesê sy is tevrede met die vordering wat gemaak is oor haar bevindinge oor die omstrede huurkontrakte van polisiegeboue, het die SABC Vrydag berig.
Madonsela het gesê die departement van openbare werke, die polisie en die tesourie is steeds binne die tydraamwerk om op haar kantoor se verslae te reageer.
"Die eerste tydraamwerk was 30 dae vir die implementeringsplanne en dan 60 dae om die planne te implementeer. Die sperdatum is Saterdag."
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA