OB ondersoek Shabangu

2011-12-07 11:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die Openbare Beskermer ondersoek die verhouding tussen die sakeman Roux Shabangu en Sam Vukela, geskorste waarnemende direkteur-generaal van openbare werke.

"Ons ondersoek jou verhouding met mnr. Vukela," het adv. Thuli Madonsela Woensdagoggend tydens 'n debat op SAfm aan Shabangu gesê.

Dit is nadat "inligting van ander bronne na ons gekom het" oor die verhouding "wat dalk of dalk nie onvanpas" kan wees, het Madonsela gesê.

Shabangu het in reaksie gesê: "Jy weet, ek sal nie eers daarop ingaan nie".

Madonsela en Shabangu was in 'n onderhoud nadat hy gesê het hy het 'n brief aan die Openbare Beskermer gestuur waarin  beweer word 194 huurooreenkomste in die departement van openbare werke is sonder 'n tenderproses toegeken.

Madonsela het Bheki Cele skuldig bevind aan wangedrag nadat 'n tender vir polisiehoofkwartiere aan die omstrede sakeman Roux Shabangu toegeken is. Sy het beslis dat die toekenning van dié tenders onwettig was. Die huurkontrakte beloop R1,6 miljard.

Madonsela het bevind Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van openbare werke, en Bheki Cele onregmatig en onwettig opgetree het in verband met twee huurooreenkomste vir polisiekantore in Pretoria en Durban. Dié kontrakte was R1,6 miljard werd.
 
Mahlangu-Nkabinde en Cele is in Oktober geskors.

Vukela is tans op spesiale verlof hangende 'n interne ondersoek na bewerings van tenderongeruimdhede.
      
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.