OB ondersoek Malema
2011-11-04 19:03
Johannesburg – Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, ondersoek glo bewerings van onreëlmatige tenders wat deur die Limpopo-regering aan ‘n maatskappy wat met Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, verbind word, toegestaan is.
Die uitkoms van die ondersoek sal na verwagting voor die einde van die jaar bekend wees, het die kantoor van die openbare beskermer Vrydag aan die SABC gesê.
On-Point Engineering, ‘n maatskappy waarin Malema glo aandele het, was in die middelpunt van die ondersoek, sowel as staatentiteite wat glo tenders aan die maatskappy toegestaan het.
Malema word ook deur die Valke ondersoek.
Tydens die ondersoek sal vrae ook gevra word oor die betrokkenheid van Malema se Ratanang Family Trust.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA