OB-kantoor: Dit was nie 'n klopjag
2011-03-03 14:03
Pretoria – Die kantoor van die Openbare Beskermer het gesê geen dokumente is tydens 'n besoek deur die polisie se misdaadintelligensie-eenheid geneem nie.
Die kantoor het ook gesê dit was nie 'n klopjag nie, maar 'n onaangekondigde besoek.
Lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het dié kantoor besoek slegs dae nadat genl. Bheki Cele skuldig bevind is op aanklagte van onregmatige gedrag en wanbestuur ná die polisie 'n huurkontrak van R500 miljoen vir die Sanlam Middestad-gebou in Pretoria goedgekeur het.
"Mense het onaangekondig gister (Woensdag) by ons kantore opgedaag," het Kgalalelo Masibi, 'n woordvoerder, gesê.
Cele se kantoor het dié "klopjag" veroordeel en gesê dringende stappe sal teen diegene betrokke gedoen word.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter