OB: Malema-kontrak kan nie gekanselleer word
2011-11-17 10:08
Johannesburg – Die kontrak waaruit Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, voordeel trek, kan nie gekanselleer word nie, omdat dit ernstige regsimplikasies kan hê, het die Openbare Beskermer se woordvoerder gesê.
"Daar kan moontlike onopsetlike gevolge wees deur die kontrak te kanselleer. Dit is 'n bindende ooreenkoms," het Kgalalelo Masibi gesê.
Die kontrak is twee jaar gelede onderteken.
Adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het Woensdag met die departement van paaie en vervoer in Limpopo vergader en 'n gedeelte van die kontrak is gekanselleer.
"Albei partye het ooreengekom dat een aspek van die kontrak gekanselleer word. Dit is die deelname van On Point in die bod-evalueringskomitee tot die ondersoek afgehandel is," het Madonsela se kantoor in 'n verklaring gesê.
Malema se Ratanang-familietrust het aandele in On-Point, wat miljoene rande se tenders van die provinsiale regering bekom het.
Madonsela ondersoek bewerings dat die regering in Limpopo onreëlmatig tenders aan dié maatskappy toegeken het.
Die uitkoms van die ondersoek word voor die einde van die jaar verwag.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA