Nzimande: Wees sensitief met geld
2009-09-14 13:30
Johannesburg - Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, en sekretaris-generaal van die SAKP het Maandag gesê die regering moet meer sensitief teenoor die behoeftes van Suid-Afrikaners optree wanneer dit kom by die uitgee van geld.
Nzimande het gehoop niemand sal hom hieroor uitvra nie, maar hy moes toe reageer op ‘n vraag oor die regering wat aanhou groot geld op peperduur motors uitgee.
Hy het egter gesê hy dat hy "nie vir die kabinet kan praat nie”.
"Ons het nodig om na eenvoudiger riglyne te kyk wat verder strek as die ressesie,” het hy gesê tydens 'n toespraak by die SAKP se spesiale nasionale kongres.
"Ons moet onsself afvra oor wat ons nodig het om te doen sodat die regering nie onsensitief teenoor die behoeftes van die mense voorkom nie.”
Nzimande het klem daarop gelê dat hy nie sê die regering was onsensitief toe hulle die ampsmotors gekoop het nie.
Nzimande het onlangs wenkbroue laat lig nadat hy self ‘n motor van R1.1 miljoen aangeskaf het.
- Sapa