Nuwejaarsvieringe in Kaapstad ruk handuit

2011-01-03 07:46
Tweets Share Share line Print

Voorspoedige nuwe jaar! Brassery heers in Langstraat gedurende die nuwejaarsvieringe terwyl groepe mense die nuwe jaar vier deur bo-op motors te spring. Die strate was nie afgesper nie en motoriste moes toekyk hoe mense op hul motors spring terwyl

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Burger

Kaapstad – Nuwejaarsvieringe in Langstraat het erg handuit geruk toe strate nie afgesper is nie en partytjiegangers selfs bo-op voertuie wat deur die mensemassa probeer beur het, gespring het.

Tot 12 mense het op ’n slag op een voertuig gespring. Motordakke is ingeduik en in een geval het ’n motor se voorruit gekraak.

Hoewel polisiebeamptes sowat ’n blok verder aan diens was, is nie veel gedoen om dié rampokkery stop te sit nie.

Die chaos het Saterdagoggend kort na middernag in die Moederstad ontstaan toe die besige Langstraat eenvoudig nie genoeg plek vir voetgangers en motoriste gehad het nie.

Sporadiesestruwelinge tussen voetgangers en motoriste het tot so laat as 04:00 op Nuwejaarsdaguitgebreek.

Klubeienaars met wie Die Burger gesels het, was erg ontevrede omdat hulle vroeër gevra het Langstraat moes op Oujaarsaand afgesper word, juis omdat soveel duisende mense daarheen sou stroom. Dié versoeke het op dowe ore geval.

Intussen het partytjiegangers glo openlik uit hul motors se bagasiebakke drank geskink. ’n Klubeienaar het na dié drinkery verwys en gesê as die paaie behoorlik afgesper was, sou die pret baie ordeliker verloop het.

Paramedici moes tydens die deurmekaarspul twee mans vir snywonde behandel.

In een geval het polisielede blykbaar kwaai handgemeen geraak met ’n man toe hulle hom van ’n motor afgetrek het. Die man is na bewering geskop terwyl hy op die sypaadjie gelê het.

By navraag oor die polisie se optrede in die middestad en Langstraat het kapt. Ezra October, polisiewoordvoerder vir Kaapstad-Sentraal, gesê die enigste ernstige voorval was toe ’n man in Laer Loopstraat om middernag skote afgevuur het, berig Marelize Barnard.

Polisielede het die man dadelik aangekeer. Hy het die nag in die polisieselle deurgebring en verskyn waarskynlik vandag in die landdroshof.

October het gesê die maksimum getal polisielede was aan diens en en het hulle toegespits op die nagkore en Kaapse Klopse wat deur die middestad beweeg het. Geen voorvalle is aangemeld nie.

Nowellen Petersen, woordvoerder van die metropolisie, het gesê Vrydagaand tussen 22:00 en 04:00 op Nuwejaarsoggend is 40 metropolisielede in die middestad ontplooi.

Dié lede het hulle ook op die nagkore se roete toegespits. Petersen het gesê geen voorvalle in Langstraat is by die metropolisie aangemeld nie.

Kylie Hatton, woordvoerder van die Kaapse stadsraad, het gesê daar is nie net op Langstraat gefokus nie. ’n Verskeidenheid gebeure het reg oor die stad plaasgevind waar die metropolisie aan diens was.

Hatton het gesê die besluit om ’n straat af te sper word versigtig gedoen, sodat noodvoertuie en verkeersvloei nie té erg ontwrig word nie.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: langstraat  |  nuwejaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.