Nuwe wette vir rybewyse voorgestel
2011-10-11 18:25
Johannesburg – S'bu Ndebele, minister van vervoer, het gesê nuwe bestuurders moet 'n reeks toetse ondergaan voor hulle toegelaat word om passasiers te vervoer.
"As jy 'n rybewys vir slegs een jaar het, hoe kan ons jou vertrou?" het Ndebele gesê.
Die minister het ook strenger reëls voorgestel om dronkbestuur te bekamp.
"Die perk wat daar is, is te hoof. Ons moet dit verder verminder om dronkbestuur te elimineer."
Die departement het gesê 14 000 mense sterf jaarliks op Suid-Afrika se paaie en 84% van die ongelukke word veroorsaak deur 'n menslike fout."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter