Nuwe vigsplan binnekort bekend gestel
2011-12-01 11:02
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma sal Donderdag die nuwe nasionale strategiese plan om MIV te beveg, op 'n Wêreldvigsdag-geleentheid in Port Elizabeth bekend stel.
Zuma, adj.pres. President Kgalema Motlanthe, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad (SANV), en Noxolo Kiviet, premier van die Oos-Kaap, sal die 23ste viering van Wêreldvigsdag by die Wolfson-stadion bywoon.
Kabinetministers en lede van SANV sal ook die geleentheid bywoon.
Die Treatment Action Campaign (TAC) het die bekendstelling van die nasionale strategiese plan verwelkom.
Volgens die aksiegroep ontvang meer as een miljoen mense behandeling.
"Teen die tyd wat die plan voltooi is, moet die getal drie miljoen wees."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA