Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Nuwe tolfooi ‘nie laer’

2012-10-27 07:43
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Moedeloos, teleurgesteld, gefrustreerd en kwaad.

Dit is van die woorde wat kritici van die Gautengse e-tolstelsel Vrydag gebruik het nadat “nuwe” tariewe in die Staatskoerant gepubliseer is.

Luidens Vrydag se Staatskoerant sal motoriste met e-skyfies steeds 30c/km betaal, terwyl dié sonder e-skyfies 58c/km sal betaal. As jy egter nie betyds jou 58c betaal nie, kan dit opskuif na R1,74/km.

Ben Martins, minister van vervoer, het Vrydag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê ná konsultasie met rolspelers het die regering “laer tariewe, ’n perk per maand vir alle kategorieë voertuie, afslag vir voertuie met e-skyfies, afslag vir spesifieke tye van die dag en vrystellings vir openbare vervoer” aangekondig.

Openbare voertuie is steeds kwytgeskeld van tolgeld en geregistreerde gebruikers in ligte motors en op motorfietse sal nooit meer as R550 per maand betaal nie. Maksimum bedrae vir swaar voertuie is ook bygevoeg.

In die begroting in Februarie vanjaar en in die Staatskoerant op 13 April was die standaard­tarief ook 58c per kilometer en die afslagtarief vir mense met e-skyfies 30c per kilometer.

Dit het dus geensins verander nie.

Volgens Alex van Niekerk, projekbestuurder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), is die tariewe sedert verlede jaar byna met die helfte verminder “om e-tol bekostigbaar te maak”.

In 2011 was die standaard­tarief 66c/km teenoor 49,5c/km met ’n e-skyfie.

Howard Dembovsky, voorsitter van Justice Project South Africa, is “geskok dat die minister sê dié is laer tariewe”.

“Dit is presies dieselfde tarief en maksimumperk per maand (R550) wat in Februarie en April bekend gemaak is.”

Wayne Duvenage, voorsitter van die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa), het gesê hoewel die regering nou die opvatting probeer skep dat die tariewe laer is, is dit niks anders as dieselfde tariewe wat vroeër vanjaar gepubliseer is nie.

Paul Pauwen, bestuurder van die Suider-Afrikaanse voertuighuur-en-verhuringsvereniging (Savrala), het gesê dit is “frustrerend, veral omdat voorstelle oor ander tariewe en metodes van betaling nou maande lank met die interministeriële komitee bespreek is, en nou gaan die regering eenvoudig net terug na die oorspronklike plan”.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, het getwiet dat mense nie e-skyfies moet koop nie.

Hy het gesê die 30 dae vir openbare kommentaar “is ’n klug”.

“Dit gaan niks verander nie, selfs al maak 4 miljoen motoriste beswaar.”

Martins het gesê die samesprekings met die publiek in dié 30 dae is nie “ ’n klug nie.”

“Dit is ’n proses waarin ons hoop Suid-Afrika se burgers sal hul voorstelle indien en ons sal dit opreg oorweeg. Dié tariewe is nie die finale tariewe nie.”

’n Rit kan soveel kos

’n Motoris in ’n ligte motor met ’n e-skyfie wat van Atterburyweg in Pretoria op die N1 ry tot by die Malibongwe-afrit in Johannesburg sal betaal: (Bereken met behulp van Sanral se e-tol­rekenaar op sy webwerf.)

Op ’n weekdag in spitstyd: R14,62
Op dieselfde dag buite spitstyd, soggens: R13,21
Op dieselfde dag buite spitstyd, saans: R11,79
Op ’n Sondag of openbare vakansiedag: R7,56

Voor Kersfees?

Uit tye wat Vrydag bekend gemaak is, lyk dit of e-tol op Oukersdag ingestel gaan word.

George Mahlalela, direkteur-generaal van vervoer, het gesê: “Die publiek het van vandag 30 dae (dus tot 26 November) tyd om hul kom-mentaar oor die nuwe tariewe en regulasies te rig.

“Daarna gaan die minister 14 dae gebruik om die kommentaar deur te gaan, waar-na die finale tariewe onge-veer 14 dae later weer in die Staatskoerant gepubliseer sal word.”
 

- Beeld

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Melinda Smit Coetzee sê... Ek glo die Bevelvoerder het die volste reg om so op tree! Ek was self vir baie jare in die weermag en in daardie tyd is 'n vrou in uniform wat nie getroud was nie, wat swanger geraak het onmiddellik oneervol ontslaan... wat nog van enige kraam voordele!! Dit is nou deesdae lagwekkend eintlik!! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Product Controller

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R450000 - R600000

MI Accountant CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.