Nuwe rasmoles ruk Kovsies

2010-08-08 10:00
Tweets Share Share line Print

Chaos op die Kovsie-kampus. Netbalspelers kyk Vrydag toe terwyl Sasco hul wedstryd onderbreek. Foto: Charl Devenish

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport

Bloemfontein - Studente wat opgeruk het vir gister se intervarsity-rugbywedstryd tussen die Kovsies en die Pukke in Bloemfontein is deur ’n gepantserde Casspir-voertuig en polisielede begroet.

Rassepolitiek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het die naweek weer oorgekook.

Die polisie is ingeroep nadat die UV eergister ’n bevel in die Bloemfonteinse hooggeregshof verkry het om Sasco, ’n ANC-geaffilieerde studenteorganisasie, te keer om eiendom te beskadig of om mense aan te rand of te intimideer.

Veiligheidswagte het ’n sterk teenwoordigheid by gister se hoofwedstryde gehandhaaf en is deur polisielede bygestaan. Dit is die 68ste intervarsity-sportbyeenkoms tussen Kovsies en die Noordwes-Universiteit (Pukke).

Netbal- en hokkiewedstryde moes eergister afgelas word omdat Sasco-ondersteuners op die bane gehardloop het. Hulle het op die spelers gevloek en hulle gedreig.

Jolandé Pienaar, lid van Pukke se o.19-netbalspan, het gesê dit was ’n baie onaangename ervaring.

“Ek was bang. Ek was kwaad. Ek is hartseer. Hulle het ons vroeër gewaarsku dit is gevaarlik op kampus, en nou gebeur dit. Hier kan enige tyd ’n skietery uitbreek,” het sy gesê.

Rudi Buys, studentedekaan van die UV, het bevestig wedstryde is weens ’n veiligheidsrisiko afgelas.

Sasco het eergister gesê hulle boikot die intervarsity “omdat die Pukke rassisties is en nie transformeer nie”.

Buys sê Sasco se optrede gaan oor “partypolitieke agendas” en die komende studenteraadsverkiesing.

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, het eergisteraand die werksaamhede van die studenteraad (SR) en studenteparlement opgeskort en partypolitiek vir eers op die kampus verbied.

Buys bestuur nou die studenteomgewing tot einde vandeesmaand.

“Daar is nie nou ’n SR nie. Dit kan nie só aangaan nie. Dit is te erg hierdie.”

Hy sê harmonie op die kampus word deur politici van buite versteur. Die verhouding tussen die universiteitsbestuur en studenteleiers is op ’n mespunt.

Volgens Buys begin hulle oormôre met tugoptrede teen die opruiers en geïdentifiseerde deelnemers aan die boikot.

Thabiso Letsoara, SR-visepresident en ’n Sasco-leier, sê hulle aanvaar nie Jansen se besluite as bindend nie.

Hulle het besluit om nie gister ook amok te maak nie weens “kommer oor die veiligheid van ons studente wat gearresteer sou word”.

Sasco-verteenwoordigers het gister by die ANC-jeugliga se provinsiale kongres in Bloemfontein gesê Jansen moet besef politiek gaan nie van kampusse af verdwyn nie.

Chrisna de Kock, VF+-leier en die ander SR-visepresident, sê dis onaanvaarbaar dat daar nie meer ’n SR is nie. “Dit is vir my uiters onregverdig dat almal oor dieselfde kam geskeer word. Dis Sasco wat hulle wangedra.”

Dr. Theuns Eloff, vise-kanselier van die Pukke, sê hy verwerp aantygings dat sy universiteit “rassisties” of nie getransformeer is nie.

“Dis ’n ou ding van die ANC-jeugliga en Sasco om deur minderhede te probeer intimideer.”

Adèle Croucamp, SR-voorsitter van Pukke, het gesê dit was vir hul studente onsmaaklik, maar dit het nie hul gees geblus nie.

“Hulle het gekom om te kuier, en nou doen hulle dit maar.”

Lees meer oor: kovsies  |  rassisme

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.