Nuwe plan om wit boere in SA te hou

2010-02-21 06:29
Tweets Share Share line Print

Jan-Jan Joubert

Kaapstad - Die regering het ’n nuwe model vir grondhervorming voorgestel waardeur wit boere vir die voortgesette aanwending van hul kundigheid vergoed word deur hulle in die wins te laat deel.

Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, het in ’n onderhoud met Rapport gesê die plan sal die vervreemding van grond bekamp en die behoud van kundigheid aanmoedig.

Die doelwit is dat landbougrond, nadat dit aan nuwe grondeienaars oorgedra is, surplusproduksie vir die mark sal lewer en nie net bestaansboerderye wees nie.

Suid-Afrika het juis pas weer ’n netto-uitvoerder van voedsel geword en die regering wil nie teruggly om weer ’n netto-invoerder van voedsel te wees nie.

Joemat-Petterson het toegegee dat die modelle wat die regering tot dusver vir grondhervorming gebruik het gebreke toon en meen die nuwe voorstel kan beter gevolge hê.

Die nuwe plan het twee dele.

- Eerstens word voorgestel dat herverdeelde grond met staatshulp in trust gehou word sodat die nuwe eienaars nie die grond net weer verkoop met die eerste teëspoed nie.

- Tweedens sê Joemat-Petterson uitdruklik die regering gee nou toe landboukundigheid in Suid-Afrika setel in wit kommersiële boere, wat dus vir die landbou behou moet word.

Daarom stel die regering nou voor dat produksie en lewering aan die mark voortaan gesamentlik deur wit boere, plaaswerkers en, waar nodig, die staat gedoen word. Die opbrengs hiervan sal deur die betrokkenes gedeel word op ’n manier wat dit ook vir die wit boer die moeite werd maak.

Voorts dui Afrikalande volgens Joemat-Petterson al hoe meer in onderhandelings aan dat hulle nie saamstem met die Zimbabwiese opsie om wit boere te vervreem of te verdryf nie.

“Dit skep nuwe geleenthede vir Suid-Afrikaanse boere om in die res van die kontinent betrokke te raak,” sê die minister, wat nietemin waarsku boere moet die regering ken in die saak sodat hulle nie die slagoffers van ander lande se gebrekkige stabiliteit word nie.

Joemat-Petterson het besluit om haar sukses of mislukking as minister te meet aan die mate waartoe swart kleinboere (sy hou nie van die term “ontluikende boere” nie, want sy sê mens ontluik net so lank) kommersieel suksesvol begin boer.

Sy sê wit boere in die kommersiële en georganiseerde landbou het haar baie goed ontvang sedert sy in April verlede jaar minister van landbou geword het, en hiervoor het sy groot waardering.

- Rapport

 

Lees meer oor: landbou

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.