Nuwe petrolskok kom

2011-03-30 07:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Net toe Suid-Afrikaanse verbruikers begin dink het dit is tyd om die kop op te lig, is ’n lelike dwarsklap deur die gesig op pad met ’n volgende styging in die brandstofprys.

Die petrolprys kan op 7 April met sowat 30c styg en die dieselpryse met sowat 45c, terwyl die nuwe brandstofheffing van 10c en ’n Padongelukfondsheffing van 8c ook gedurende dié maand in werking tree.

Die nuwe hoër prys van petrol, diesel en paraffien beteken dat Suid-Afrikaners R1miljard per maand meer aan brandstof gaan bestee.

En ongelukkig is dit huishoudings wat R340miljoen van dié verhoogde uitgawe sal moet opdok.

Dit is nie ál slegte nuus vir die verbruiker nie.

“’n Volle 50% van dié bykomende R1miljard word deur besighede gedra. Maar onthou: die hoër pryse het maar die manier om tot in die beursies van verbruikers terug te kruip.”

Dié geldelike veldslag vir Suid-Afrikaners is deur mnr. Tony Twine, ekonoom by Econometrix, uitgespel. “Alles hang maar af van die prys van ruolie. Terwyl daar politieke onrus in kleiner produserende lande heers, word ons met die hoër prys van ruolie gestraf.”

Twine het gewaarsku indien politieke onrus uitbreek in een van die groot olieproduserende lande, soos Saoedi-Arabië of Iran, wag daar nog hoër brandstofpryse.

“Dit kan die oliepryse tot wie weet waar die hoogte laat inskiet.”

Mnr. Michael Bagraim, voorsitter van die Kaapse Sakekamer, het gesê in ’n tyd waarin pres. Jacob Zuma meer werksgeleenthede bepleit, sal klein sakeondernemings in der waarheid werkers moet afdank.

“Die petrolprys is net een aspek van die storm wat ondernemings moet oorleef. Daar is terselfdertyd ook verhoogde elektrisiteitspryse op pad, die internasionale ekonomie is steeds onder druk, en dit is byna weer tyd om oor salarisse te onderhandel,” het hy gesê.

’n Toenemend gemeganiseerde landbousektor sal ook swaar dra aan hoër petrol- en dieselpryse, het mnr. Carl Opperman, hoof van Agri Wes-Kaap, gister gewaarsku.

“Graanboere maak nou reg om te plant, wat ’n baie diesel-intensiewe proses is.

“Wat druiwe- en ander vrugteboere betref, loop die oesseisoen nou tot ’n einde, maar die produkte moet tog vervoer word. Melkboere moet ook daagliks suiwel met vragmotors vervoer.”

Opperman het gesê boere word regstreeks geraak deur die verhoogde brandstofpryse en kan nie sommer die kostes na die verbruiker aangee nie.

Petrolpryse sal ook die pryse van vliegkaartjies en ander vervoerkoste vir reisigers opjaag.

Me. Mariette du Toit-Helmbold, hoof van Kaapstad Toerisme, het daarop gewys dat veral besighede sensitief is vir reiskostes. “Selfs effens duurder vliegtuigkaartjies beteken kleiner maatskappye moet hul reiskoste inperk.”

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: petrol  |  brandstof

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.