Nuwe middestad vir Pta

2011-02-21 14:30
Tweets Share Share line Print

Daar sal voortaan nie meer plek in die Pretoriase middestad wees vir onooglike geboue soos Munitoria nie. Foto: Wayne Coetzee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Pretoria - Die Tshwane-metromunisipaliteit het sy planne vir ’n multimiljardrand-projek waarmee hy in samewerking met die nasionale departement van openbare werke die hoofstad se kern wil “herdefinieer”, onthul.


Oupa Nkoane, Tshwane se waarnemende munisipale bestuurder, het in ’n eksklusiewe onderhoud aan Beeld gesê sowat 30 hyskrane gaan in die Pretoriase middestad doenig wees wanneer dié omvattende stedelike bestuursplan in werking gestel word.

Die “herbeplanning” van die middestad begin onmiddellik en die eerste staatsgeboue sal na verwagting teen einde 2014 voltooi word.

Tshwane en openbare werke het ’n diensleweringsooreenkoms onderteken en die internasionale ingenieurs- en konsultasiegroep Arup is aangestel om die projek te koördineer en die vernuwingsplanne op te stel.

Nkoane sê as Tshwane werklik daarop wil aanspraak maak dat hy Afrika se hoofstad van uitnemendheid is, moet dit weerspieël word.

In hoofstede wêreldwyd is dit die tendens dat plaaslike owerhede met die nasionale regering saamwerk om stede te ontwikkel, sê hy.

“Hier was dit nog nooit die geval nie, maar met die regering se steun sal ons nou ’n ikoniese, unieke Afrika-hoofstad kan herbou.”

Bernard Hanekom, direkteur van stadsbeplanning en ekonomiese ontwikkeling in Tshwane se sentrale streek, sê die nasionale regering het al in 2003 die behoefte uitgespreek om die werkomgewing van departemente en staatsdepartemente te verbeter.

Hanekom sê die projek gaan oor meer as net die herlewing van die middestad. Kwessies soos die bestuur van informele handelaars, polisiëring, vullisverwydering, die herstel van “swak geboue”, die vervoernetwerk en die doeltreffende toepassing van munisipale regulasies sal ook aandag kry.

Die middestad is in agt “wyke” ingedeel wat volgens Nkoane in die fynste detail herontwikkel gaan word.

Een van die geboue wat eersdaags ’n nuwe baadjie gaan kry, is die munisipale hoofkantoor, Munitoria.

- Beeld

Lees meer oor: pretoria  |  munisipaliteite

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.