Nuwe mediese skool dalk in Potch

2012-01-12 07:51
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Matrikulante wat graag dokters wil word, maar nie vanjaar deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) toegelaat is nie, kan eersdaags ander opsies oorweeg.

Die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus (NWU) het bevestig hy wil ’n mediese skool begin, hoewel dié planne nog in ’n vroeë stadium is.

Johan van Zyl, kommunikasiebeampte, sê dié planne is deel van die universiteit se projektelys vir 2012 tot 2014.

“Ons voer tans samesprekings met die provinsiale regering in Noordwes wat ook die hoofskenker van die projek sal wees, sou ons die groen lig kry.”

Intussen sal voornemende dokters wat aan die UV wil studeer en wat reeds voorwaardelik gekeur is, vandag telefonies in kennis gestel word of hulle finale toelating ontvang het, sê prof. Gert van Zyl, dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe.

Dié inligting sal ook op die fakulteit se webblad beskikbaar wees.

Die fakulteit het vanjaar 3 713 aansoeke ontvang waarvan slegs 440 eerstejaars in sewe verskillende programme toegelaat is. “Hiervan kan slegs 140 eerstejaars medies gaan studeer.”

Die oorblywende programme sluit in verpleging (120), straling (20), arbeidsterapie (45), fisioterapie (40), optometrie (40) en dieetkunde (35).

Van Zyl sê die universiteit is jaarliks genoop om ’n beperkte aantal mediese studente toe te laat weens riglyne en beperkings deur die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB).

Hy sê infrastruktuurbeperkinge, die beskikbaarheid van beddens vir opleidingsdoeleindes en personeeltekorte speel ’n rol.

Die UV is al voorheen daarvan beskuldig dat rasgebasseerde toelatingskriteria toegepas word. Voornemende wit mediese kandidate met uitstekende punte het al voorheen gekla rasse-etikette het hul aansoeke gekelder.

Van Zyl sê egter die UV het nie ’n kwotastelsel nie. “Ons probeer om kandidate uit ’n benadeelde akademiese agtergrond wat die nodige potensiaal toon, te akkommodeer.”

Verder moedig hy voornemende dokters wat nie vanjaar toegelaat is nie, aan om hul studies in ’n tweede beroep voor te sit en volgende jaar weer aansoek te doen. Hy raai kandidate aan om op die keuringsvereistes vir senior studente te let.

Van Zyl het die moontlikheid van ’n nuwe mediese skool in Potchefstroom verwelkom. “Daar bestaan ’n goeie verhouding tussen albei universiteite se bestuurlede en ons gesels reeds oor areas van samewerking.”

Hy sê gerugte dat die NWU tans besig is om dosente aan die UV se mediese fakulteit te werf, is onwaar.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.