Nuwe lughawe moedig nuwe beleggings aan – Zuma
2010-05-08 23:41
Durban – Die nuwe Koning Shaka Internasionale Lughawe in Durban moedig nuwe geleenthede vir groei in besigheid en toersime aan, het President Jacob Zuma Saterdag by die opening van die nuwe lughawe gesê.
Volgens Zuma is dit nou die tyd om nuwe beleggings in toerisme-produkte aan te moedig wat oorsese besoekers aanlok.
Die lughawe sal groei en ontwikkeling vir KwaZulu-Natal en die land inhou, het hy gesê.
Hy het premier Zweli Mkhize en ander plaaslike partye gelukgewens en die 8000 werkers wat aan die lughawe gewerk het, bedank.
‘n Standbeeld van Koning Shaka is ook Saterdag by die nuwe lughawe onthul.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.