Nuwe kragstasies vir SA
2010-10-07 22:58
Johannesburg – Suid-Afrika sal ses nuwe kragstasies ter waarde van R1,3 triljoen kry in ‘n poging om kragonderbrekings te voorkom, het die SAUK Donderdag berig.
China, Frankryk en Suid-Korea sal help met die bou van die voorgestelde nuwe kragstasies, het Nelisiwe Magubane, adjunk-direkteur-generaal van minerale en energie, gesê.
Die kragstasies, wat deel uitmaak van die regering se nuwe voorgestelde energieplan, sal “ander tegnologie” gebruik.
“Die projek het in werklikheid nog nie die gewensde resultate gelewer nie… ons moet weer na die navorsingsprojekte kyk. Maar in die tussentyd gaan ons bykomende kragstasies nodig hê en ons gaan nie wat ‘n mens konvensionele kernkrag soos by Koeberg in Kaapstad gebruik word, gebruik nie,” het sy aan die uitsaaier gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA