Nuwe bewerings van korrupsie teen SOE-hoof

2011-07-17 16:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Nuwe bewerings van korrupsie word teen Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoekeenheid (SOE), en sy kollegas gemaak, berig die Sunday Times.

Volgens die koerant het adv. Menzi Simelane, hoof van openbare vervolging, bewerings van bedrog wat deur die miljardêr Dave King teen Hofmeyr gemaak is, na die polisie verwys.

Simelane het ook beveel dat 'n ondersoek teen Knorx Molelle, hoof van die batebeslagleggingseenheid in KwaZulu-Natal, gedoen word. Molelle is deel van die span wat die Inkata-saak ondersoek.

Bewerings van bedrog en korrupsie word teen twee senior ANC-lede ondersoek nadat hulle glo omkoopgeld van die Paraguayse sakeman Gaston Savoi geëis het in ruil vir 'n regeringstender ter waarde van R45 miljoen.

Staatsaanklaers vrees dat die ondersoek politici in KwaZulu-Natal vererger het en dat die NVG se reaksie dalk deel is van Simelane se komplot teen Hofmeyr en die batebeslagleggingseenheid.

Die King-bewerings volg kort op die hakke van 'n ondersoek teen Hofmeyr wat verband hou met die beweerde wanbesteding van geld by die SOE en die beweerde verontagsaming van aankoopprosedures in die toekenning van ’n tender vir die opknapping van die eenheid se kantore in Silverton, Pretoria.

Die SOE is betrokke in talle ondersoeke, waaronder 'n ondersoek na verskaffingsprosedures in die polisie.

Hofmeyr het in Maart aan LP's gesê die SOE ondersoek 16 departemente en openbare entiteite vir bedrog en wanadministrasie.

Hy het saam met adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, gewerk aan die ondersoek na die multi-miljardrand huurooreenkoms van die polisiehoofkwartiere in Pretoria.

– Volg Nuus24 op Twitter 

- SAPA

Lees meer oor: willie hofmeyr  |  skandale  |  korrupsie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.