Nuwe, beter vigsplan begin in Gauteng

2010-04-01 00:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Nuwe riglyne vir MIV/vigs-behandeling sal van Donderdag af by alle staatshospitale en -klinieke in Gauteng beskikbaar wees, het die provinsiale departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling gesê.

"Die nuwe riglyne verseker dat alle swangervroue wat MIV-positief is en pasiente op TB-behandeling met 'n CD4-telling van 350 of laer nou antiretrovirale middels by staatsklinieke en -hospitale kry," het Mandla Sidu, 'n woordvoerder van die departement van gesondheid, Woensdag in 'n verklaring gesê.

Hy het gesê babas van geboorte tot een jaar wat MIV-positief is sal ongeag van hul CD4-telling antiretrovirale behandeling ontvang.

Voorheen kon slegs mense wat MIV-positief is en wie se CD4-telling laer as 200 is, in aanmerking kom vir dié behandeling by staatsinstansies.

Sidu het gesê swangervroue wat MIV-positief is met 'n CD4-telling hoër as 350 sal nou op 14 weke in plaas van 28 weke Neverapine ontvang om ma-tot-kind-oordrag te verminder.

"Dit sal bydra om te verseker dat babas nie met MIV gebore word nie."

Die nuwe riglyne verseker ook dat vroue met 'n hoër CD4-telling ook in aanmerking kom vir 'n jaarlikse papsmeer.

Die slagoffers van verkragting sal aanhou post-blootstellingsprofilakse (PEP) sonder 'n saaknommer kry.

Sidu het gesê diegene wat nie in die bogenoemde kategorieë val nie, sal steeds in aanmerking kom vir behandeling as hul CD4-telling 200 of laer is.

"Dié program is daarop gemik om die MIV/vigssterftesyfer te verminder."

– Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.