'Nuwe apartheid vir armes op die pad'

2011-02-13 06:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die toltariewe vir Gautengse hoofweë wat in Junie in werking tree, gaan vervoerkoste oornag met 25% opjaag en basiese voedselpryse met nagenoeg 5%.

“Die uitwerking op die provinsie is dieselfde as om die petrolprys oornag met 73% op te skuif. Dit gaan ’n verwoestende effek hê op die provinsie se ekonomie,” sê Mike Schüssler, ekonoom by economists. co.za.

Daar kan nie van motoriste verwag word om dié toltariewe te betaal nie wanneer daar in ag geneem word dat hulle reeds nagenoeg R2,47 per liter petrol betaal om padnetwerke in stand te hou, sê Ilze Nieuwoudt, woordvoerder van Solidariteit.

“As deel van ’n gevallestudie wat ons gedoen het, sal ’n motoris wat tussen die Brakfontein- en die Buccleuch-wisselaar pendel maandeliks nagenoeg 840 km per maand op dié roete aflê.

“As gereken word dat die motoris se voertuig ’n petrolverbruik van 12 km per liter handhaaf, sal hy teen die huidige petrolprys nagenoeg R618,80 per maand aan petrol op hierdie gedeelte van sy daaglikse roete bestee. Hiervan gaan reeds meer as R172 na brandstofbelasting.

“Wanneer die tolstelsel op die beplande tariewe ingestel word, sal dit ’n bykomende R401,39 op die motoris se vervoerrekening laai.”

Dit kom neer op ’n styging van 64,9% in vervoerkoste en ’n by­komen­de vervoerbelastinglas van 232,5%, sê Nieuwoudt.

Volgens Schüssler het dit ’n koste-implikasie vir elke diens en produk in Gauteng en sal dit verdere druk op die verbruiker plaas.

“Dit is veral die prys van basiese voedselprodukte soos brood en melk wat daagliks vars van die produsent na die winkelrakke aangery moet word wat erg hierdeur geraak gaan word,” sê Schüssler.

“Die uiteinde van hierdie tolstelsel is ook ’n nuwe vorm van apartheid. Dit maak dit vir arm mense nóg duurder om tussen hul woongebiede en werkgeleenthede in die stede te pendel,” sê Schüssler.

Gary Ronald van die Automobiel-Assosiasie sê die tolstelsel sal waarskynlik ook meebring dat alternatiewe roetes verstop gaan raak omdat dit gratis is om op dié agterpaaie te ry.

Die padvragvereniging (RFA) het twee weke gelede in ’n brief aan S’bu Ndebele, minister van vervoer, gewaarsku dat vervoerkoste in Gauteng met 25% gaan styg wanneer die toltariewe ingestel word.

Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die RFA, stel voor dat daar ’n heffing van 2c of 3c op die brandstofprys geplaas word om vir die paaie te betaal.

Ndebele het intussen aangedui die toltariewe is nie ’n voldonge feit nie. Logan Maistry, sy woordvoerder, sê Ndebele sal in Maart op ’n vervoerberaad na alle rolspelers luister en, indien nodig, die tariewe hersien.

Die tariewe is verlede week deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Pad­agentskap (Sanral) aangekondig nadat Ndebele dit persoonlik goedgekeur het.

- Rapport

Lees meer oor: paaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.