Nuwe aanbod kan petrolstaking beëindig
2011-07-20 11:05
Johannesburg – 'n Nuwe aanbod wat dalk die staking in die petroleumstaking kan beëindig word Woensdag oorweeg te midde waarskuwings dat die voortslepende petroltekorte taxi's oor die volgende drie dae tot stilstand kan bring.
Fani Tshifularo van die brandstof-kleinhandelaarsvereniging het gesê hulle hoop dat die massa-aksie in binnekort tot 'n einde kom omdat dit die land in "wanorde" kan bring.
"Ons dink dit is onredelik teenoor die bedryf en nie volhoubaar nie."
Die National Employers Association of South Africa (Neasa) het gesê hy gaan nie 'n salarisooreenkoms tussen vakbonde en die staalbedryf onderteken nie.
Gerhard Papenfus van Neasa het gesê lede is nie tevrede met die ooreenkoms nie.
Intussen kan nóg grootskaalse stakingsaksies in die komende maande verwag word.
Die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) het gesê hy sal aansluit by die vakverbond Cosatu se stakingskennisgewing oor die tolstelsel in Gauteng.
Die National Union of Mineworkers (NUM) het gesê daar is nog nie besluit of hul goud- en steenkoollede gaan staak nie.
Die munisipale vakbond Samwu oorweeg ook om te staak.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter