Nuwe DA-skadukabinet bekendgestel
2012-02-01 17:46
Kaapstad – Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, het Woensdag haar nuwe skadukabinet aan die media bekendgestel.
“Hierdie is ‘n totale nuwe skadukabinet wat geskep is om die DA te help om sy doelstellings in die parlement te bereik,” het sy aan verslaggewers gesê.
Die beginpunt is om te verseker dat die skadukabinet toepaslik divers is.
“Dit is belangrik, want die posisies wat ons in die parlement inneem moet uit ‘n wye verskeidenheid perspektiewe bestaan,” het sy gesê.
“Ek wou ook verseker dat daar ‘n gepaste mengsel van verskillende generasies is. As daar een ding is wat ek geleer het, is dit dat die ervaring van veterane, gekombineer met die energie van die jeug, ‘n formidabele kombinasie is.”
Mazibuko het bygevoeg dat die DA se skadukabinet ‘n verteenwoordiging van die bestaande kabinet se samestelling is.
“Dit sal hulle verantwoordelikheid wees om namens die miljoene Suid-Afrikaners te praat wat nie toegang tot werkgeleenthede het nie en om die DA se visie vir ‘n voorspoedige Suid-Afrika te bevorder.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA